Why us?

Kom kamp op ons wildsplaas in die bosveld naby Rust De Winter Dam, net buite Pretoria

Description

Almega Karavaan Park is 48 km noord van Pretoria.
Grens aan Dinokeng Wildtuin.
Teerpad tot by ingang hek van Almega,dan net 200 meter grondpad.
Groot staanplekke met elke staanplek sy eie geriewe en braai geriewe.
Geen troetel diere word toegelaat nie.
Kragpunt by elke staanplek.
Groot grasperke en baie koelte bome.
Gas geysers en vars water uit boorgat, genoeg reserwe as daar beurtkrag is.
15 km paaie op plaas om te stap of fiets te ry.
Ongeveer 110 stuk wild op plaas om te sien.
Geen groot vyf wild, dit kan gesien word as julle die selfry roetes in Dinokeng Wildtuin gaan ry.Bespreek by Dinokeng hek as julle op pad is na Almega Karavaan Park.
Winkel - brandstof en bottelstoor Bakkery ongeveer 2 km van af Almega Karavaan park.
In omgewing is daar verskillende restaurante.
Rust de Winter dam ongeveer 20km van Almega, as ook Mystic Monkeys wat 'n moet is vir kinders om te sien.

Follow us
Contact business