Why us?

'n Tropiese paradys waar die weer heeljaar soel en salig is.

Description

Net 40 km suid van Durban wag ATKV-Natalia Strandoord dat jy spore kom trap in sy silwerwit seesand en lyf kom natmaak in sy blinkblou water … ’n tropiese paradys waar die weer heeljaar soel en salig is.

Akkommodasie by ATKV-Natalia bestaan uit ’n keuse van ruim, gesellige selfsorgwoonstelle in verskeie groottes en ’n boomryke woonwapark met spogfasiliteite. Benewens al die ontspanningsfasiliteite by die oord is Natalia net ’n klipgooi ver van allerhande opwindende en interessante toeriste-aantreklikhede in die omgewing.

Met moderne fasiliteite vir 400 mense kan ATKV-Natalia konferensiegroepe en selfs skoolgroepe huisves

Location

35 Elizabeth Ave, Illovo Beach, Kingsburgh, 4126, South Africa

Contact business