Why us?

Sir-VIVOr is 'n eerste keuse oorlewingsoord vir kampers wat gatvol is vir formaliteite in 'n beton oerwoud.

Description

Sir-VIVOr is 'n buitengewone naam vir 'n buitengewone kampoord.

Die kampoord is 8 kilometer noord-oos van VIVO in die Limpopo provinsie van Suid Afrika. Die kamp oord is op 'n wildsplaas binne in 'n wildkamp gevestig.

Sir-VIVOr is die plek waar 'n mens sonder titels (Sir) en fomaliteite kan ontspan en oorleef.

Die kampfasiliteit is doelbewus as 'n oorlewingsfasiliteit naby VIVO ontwikkel soos wat die woord "Sir-VIVOr" dit mooi beskryf.

Dit beteken:

Daar is geen elektriese kragpunte by karavaan staanplekke nie.
Die karavaan en tent staanplekke is nie uitgemerkte soos in tipiese karavaan en tent oorde nie.
Warm water vir storte, gesig- en skottelgoedwas, word met sonkrag en 'n warmwater "donkie" geproduseer.

Daar is wel koue waterkrane naby die plekke waar karavane en tente opgeslaan kan word.
Daar is ook 'n gemeenskaplike ablusie fasiliteit met storte, toilette en gesigwas wasbakke nie te ver van die plekke waar karavane en tente opgeslaan kan word.
Daar is ook gemeenskaplike skottelgoedwas wasbakke naby die plekke waar karavane en tente opgeslaan kan word.
Die kampterrein is groot wat beteken dat daar meer as genoeg plek is om karavane en tente op te slaan.

Location

Makhado, Limpopo, South Africa